ARK Web • Up/Op • Borgskappe Argief • Argief 2016-2020 • Argief 2011-2015 • Argief 2006-2010 • Argief 2000-2005 • Argief 1999 • Argief 1998 • Dienste • Webontwerp • Borgskappe • Kliënte • ADSA Advertensies • Navrae •

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023 ** Updated: February 3, 2023

    

    

English

 

Borgskappe by ARK Webontwerp

ARK Webontwerp Borgskappe

Die toekennings van borgskappe by die Afrikaanse afdeling van ARK Webontwerp, 2023, het reeds begin. Sommiges is al toegeken, maar enkele borgskappe van webwerwe is nog beskikbaar. Navrae oor 'n borgskap vir 'n webtuiste by ARK Webontwerp is welkom. Stuur navrae met behulp van die navraagvorm en gee soveel moontlik besonderhede van u produkte of dienste ens.

Lees asseblief ook meer hieronder by Algemene inligting oa aan watter persone of items aan voorkeur gegee word, asook by Keuring.

'n Lys van 'n paar van ARK se borgskappe wat tussen die jare 1998 tot 2020 toegeken was, is te siene by die ARK Argief.
 

 

Baie dankie aan al ons besoekers wat daardie organisasies en kliënte so pragtig ondersteun het die afgelope jare. Ons ondersteuners se besoeke, aankope en bydraes maak 'n verskil en word hoog op prys gestel.

 

Borgskappe toegeken

Kyk gerus by die Kliënte-bladsy vir meer inligting van ons onlangse byvoegings. Welkom aan Voetspore wat onlangs bygevoeg is.

'n Lys van sommige borgskappe wat toegeken was in vorige jare
(tussen 1998 en 2020) is ook beskikbaar by Borgskappe (Argief)

Algemene inligting oor borgskappe van webwerwe by ARK

  • Alle kommunikasie word slegs per epos hanteer.
  • Die borgskappe is primêr vir statiese webtuistes, nie vir interaktiewe webwerwe nie. Die webwerf word dus hoofsaaklik aangewend vir die vertoon van inligting en sluit nie 'n winkel, wat aanlynverkope kan hanteer, in nie. Dit kan wel aanvullend verskaf word en enkele uitsonderings word tog van tyd tot tyd gemaak vir borgskappe van dinamiese webtuistes wat winkelfasiliteite insluit.
  • Hoewel die webwerfborgskappe deur ARK se Afrikaanse afdeling voorsien, ontwerp en onderhou word, is meeste van die webwerwe tweetalig (Afrikaans en Engels), tensy die borgkliënt self, dit anders verkies. Die voertaal tydens die ontwerpwerk is en bly egter uitsluitlik Afrikaans.
  • Die grootte van die webtuiste word bepaal deur die pakket wat aan die kliënt toegestaan word. Die webwerf kan so min as 3 bladsye wees en tot so veel as 9 bladsye, as die toekenning dit toelaat. Ontwerpers se insae word hier ook goed in ag geneem.
  • 'n Vereiste, is dat die borgkliënt goeie internet toegang moet hê. 'n Goeie kamera vir behoorlike in fokus foto's, sal ook nodig wees as daar produkte ter sprake is.
  • Enige persoon mag navraag doen, maar oud-kliënte en huidige borgkliënte, asook besoekers, mag moontlike kandidate ook aanbeveel. Gebruik die Navraagvorm en gee soveel besonderhede moontlik oa die naam en eposadres van die persoon wat u wil aanbeveel asook die rede vir aanbeveling. Gee ook 'n eposadres waar ons met uself eposkontak kan maak, om die aanbeveling te bespreek.
  • Borgkliënte (dus persone wie wel goedgekeur word) het geen kostes voor, tydens of na die borgskaptydperk nie, tensy daar pertinent gevra word vir aanvullende dienste wat nie deur die borgskappakket gedek word nie. Kwotasies word vooraf en punt vir punt gegee en per epos verskaf in sulke gevalle.

Voorkeur

  • By oorweging van borgskappe, word voorkeur gegee aan een of meer van die volgende:
    • Bejaardes wat 'n ekstra inkomste wil verdien met mooi handwerkprodukte soos byvoorbeeld, brei-, hekel of weef-items. Dit sluit ook in handgemaakte speelgoed soos oulike lappoppe en teddiebeertjies, onderbaadjies of sakke van laslappies, mooi brakkie-jakkies of poprokkies, artikels van tekstiel-knoop en doop, mooi babaklere, voorskote, serpe en so meer.
    • Huisvrouens of tuisteskeppers wat sakgeld wil verdien met enige van die volgende:
      gebak, oulike verjaardag- of troukoeke, tuisgemaakte lekkergoed, terte, tertjies of koekies. Ook produkte van batik, macramé knoopwerk, pragtige en handige naaldwerk-items soos sakke of ander soortgelyke produkte.
    • Christelike organisasies, skole met Afrikaans as hooftaal, kleuterskole, dagmoeders, speelgroepies en kerke.
    • Persone wat 'n klein tuisnywerheid op die been wil kry met besondere uitrustings soos trourokke en pragtige geborduurde modeskeppings of ander kunsnaaldwerk-produkte.
    • Persone wat die beursie wil probeer aanvul deur die verkope van mooi kunswerke of kuns-artikels soos knopies of lapelwapentjies, kerse, skilderye, pottebakkery, krale-ryg, houtsneewerke, produkte met mooi smok-of kantwerk of soortgelyke kuns-items.
    • Mense wat nog nie 'n eie webwerf het nie of graag 'n beter ene wil bekom.
    • Persone wie se dienste of produkte nie reeds op der duisende ander plekke op die Internet bemark word of blootstelling het nie.
    • Persone wat nie agente, verteenwoordigers of affiliate is, of deel van 'n groot maatskappy vorm nie.

Voorstelle vir oorwegings van borgskappe van statiese webwerwe van ander dienste en produkte wat nie hierbo genoem word nie, sal ook ondersoek en ernstig oorweeg word.

Keuring

Keuring vir webwerf-borgskappe by ARK is uiters streng. Persone wat skaam is om hul Christenskap te belei en uit te leef moet liefs nie aansoek doen nie. Kandidate moet beslis baie goeie epos-toegang hê (daagliks) en bereid wees om met entoesiasme saam te werk om die webwerf te laat realiseer.
LW.
Alle kommunikasie tydens die ontwerp word slegs per epos hanteer. Lees ook meer hierbo by Algemene inligting en kyk gerus ook by ARK se algemene dienste.

Navrae oor termes en voorwaardes oor bogenoemde en hoe om 'n statiese webtuiste te probeer bekom of voorstelle, is welkom.

Navrae

 

 

   

Kindervermaak en stokperdjies
deur Christen-Kunstenaars

Is u 'n kunstenaar of sommer net 'n amateur wat kindervermaak met goeie smaak aanbied? Poppeteater of sang? Dalk bied u kuns-, musiek- of balletklasse of ander stokperdjieklasse aan vir kleuters of kinders. Miskien bied u heerlike kinderpartytjies met temas of oulike idees aan, laat dan gerus van u hoor.

Skole, kleuterskole, kerk-organisasies, ens. is ook welkom om vir ons te laat weet as daar oulike verrigtinge vir die jongspan in die kontrei plaasvind. Of dit nou 'n eenmalige gebeurtenis is soos 'n kermis of fees, of op gereelde basis plaasvind.

Vul die nodige inligting in by Piazza en ons kyk of ons u inligting kan bemark.

 

Werfkaart
Map

ARK Web
Dienste
Webontwerp
Borgskappe
Kliënte
ADSA Advertensies
Navrae

Up/Op
Borgskappe Argief
Argief 2016-2020
Argief 2011-2015
Argief 2006-2010
Argief 2000-2005
Argief 1999
Argief 1998

ARK Web • Up/Op • Borgskappe Argief • Argief 2016-2020 • Argief 2011-2015 • Argief 2006-2010 • Argief 2000-2005 • Argief 1999 • Argief 1998 • Dienste • Webontwerp • Borgskappe • Kliënte • ADSA Advertensies • Navrae • Werfkaart Sitemap

ARK Webontwerp *ARK Web Design ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

 

'n Christen

Swallow Software

  ARK Web Design © 1998-2023
ARK Webontwerp © 1998-2023

Bekering

Kaleidoskoop

Bybelteks

Bible Text