ARK Web • Up/Op • Dienste • Webontwerp • Borgskappe • Kliënte • ADSA Advertensies • Navrae •

 

Opgedateer: 3 Februarie 2023 ** Updated: February 3, 2023

    

    

English

 

Meer oor ADSA

  • ADSA lewer 'n diens deur klein advertensies op die Internet te plaas, dikwels namens instansies of persone wat nie self webruimte beskikbaar het nie. Omdat ADSA poog om 'n diens aan die breër Christen-gemeenskap te lewer, word streng keuring toegepas en word die dienste of produkte van die borgkliënte bemark. Belangstellendes wat tog graag by ADSA wil adverteer, kan dmv hul webwerf Navrae stuur om te verneem hoe hulle daar kan adverteer.
  • Die volgende produkte en dienste bly gewild by ADSA:
    • Toere en daguitstappies. (Navrae van besoekers oor toere of uitstappies, waarin Christelike gebeure aandag geniet, word gereeld ontvang)
    • Gastehuise, waar die Christen met respek en vriendelikheid hanteer word
    • Akkommodasie vir kerkgroepe
    • Veilige ontspannings-areas vir Christelike jeuggroepe
    • Kleiner boekwinkels of boekruil-groepe met goeie Christelike leesstof
    • Produkte en dienste aangebied deur Christen kunstenaars soos musiek, skilderwerk, breiwerk, kunsnaaldwerk, hekelwerk, juwele, kerse, pophuise en ander speelgoed soos lappoppe of teddies en talle ander
  • ADSA se fooie (waar van toepassing), is vir die tegniese dienste, NIE vir webspasie NIE.
  • Die ADSA webwerf word opgedateer, na gelang van omstandighede.

Hoe verskil ADSA van ander soortgelyke dienste?

ADSA is nie 'n interaktiewe webwerf of gemeenskaps-kennisgewingsbord waar enige persoon maar bloot net inhoud kan gaan opplak na willekeur nie. Die webwerf word op 'n gereelde basis hernu en die inhoud word periodiek nagesien vir toepaslikheid. Slegs goedgekeurde inligting word vertoon.

By die ADSA webwerf word aansoeke gekeur binne die Christelike geloofsoortuiging van die personeel, eienaars en borge. Sodoende word daar verhoed dat onsmaaklike of onvanpas items vertoon, wat deesdae maar al te groot deel van meeste van die media uitmaak. Dus daardie afkeurwekkende items wat die Christelike gemeenskap gedurig beledig, bespot, afkraak of belaglik probeer maak, word ten alle koste vermy by ADSA. Bykommend word onsmaaklike immorele items, met afvallige assosiasies, summier afgekeur en beslis nie geplaas nie. Internet "get rich quick"-foefies en Internet-bedrog of -kullery vorm nie deel van die inhoud nie. Die verwysings van besoekers word opgevolg. Daar word ook gepoog om Engelssprekendes te help, maar nie ten koste van die Afrikaanssprekendes van die gemeenskap nie.

Die teks word taalkundig goed versorg, gebroke skakels verwyder en kliënte en hul privaat inligting met veiligheid en groot sorg hanteer.

 

 

Werfkaart
Map

ARK Web
Dienste
Webontwerp
Borgskappe
Kliënte
ADSA Advertensies
Navrae

Up/Op

ARK Web • Up/Op • Dienste • Webontwerp • Borgskappe • Kliënte • ADSA Advertensies • Navrae • Werfkaart Sitemap

ARK Webontwerp *ARK Web Design ARK Web Design since 1998
ARK Webontwerp sedert 1998

 

'n Christen

Swallow Software

  ARK Web Design © 1998-2023
ARK Webontwerp © 1998-2023

Bekering

Kaleidoskoop

Bybelteks

Bible Text