
En toe die engele van hulle weggegaan het na die
hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en
hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak
het.
Lukas 2:15
Die jaar 2019 staan einde se kant toe en vir talle
was dit ongelukkig weer 'n baie moeilike jaar. Ons gebede bly by u
en die hoop is dat die komende maande weer sonskyn en geluk vir u
inhou.
Ons dank die Here vir talle geleenthede en
ondersteuning hierdie jaar. 'n Woord van dank ook aan al ons
pragtige, vriendelike en gewaardeerde vriende wat deur die jare ons
ontwerpdienste ondersteun het met talle van hul besondere,
unieke en uitstaande produkte en dienste. Vir dié van u wat ook
lopende reklame vir ons diens is, 'n groot DANKIE!
ARK se wens is om in die komende jaar DV, nog van
diens te bly vir talle Chistene wat dit dalk mag nodig vind.
Mag hierdie Kersseisoen u hart diep raak met die
herinneringe en vaste wete dat Jesus as ons Heilige Heiland en
Middelaar gebore is.
Ons bede is dat 2020 voorwaar 'n wonderlike jaar
van bekering en herlewing vir 'n massa getalle siele sal wees. Met
die wonderwerkende krag van die Heilige Gees kan groot dinge nie net
tot stand kom nie, maar kan groot impak gemaak word op die
samelewing soos ons as Christene ons dankbaarheid met al hoe groter
erns en getrouheid uitleef.
Wonderlike seën vir u en al u geliefdes! |